News

Ondersteun die Vaal se Caitie. Stem nou

Caitie Rock het geen bekendstelling nodig nie. Net 16 jaar oud en sy sing die wêreld aan die brand. Luister na haar nuwe treffer en stem.

MEYERTON – Die Vaaldriehoek se jong Caitie Rock is deur na die Top 20-liedjies van die FAK Skryf’it-kompetisie. Haar lied, Môreland is uit meer as 1100 nuwe liedjies gekies om deur te dring.

Die Top 10 liedjies word deur die publiek bepaal. Stemme vir Ghoeroe William Wolf se vier kunstenaars is nou oop en kan gratis aanlyn of per sms (teen R1.50) gedoen word.

Stemme sluit Donderdag om middernag. Moenie net stem nie; deel hierdie plasing en help jou gunstelingliedjie om soveel moontlik ondersteuning te kry! ELKE STEM TEL!

Caitie sê: “Die lied Môreland gaan oor ons jong mense se reis na die toekoms. ’n onbekende maar hoopvolle bestemming waar ons ons eie pad skep sonder vaste reëls of kaarte.

“Tussen soms verlore voel en soms vry te voel het ons drome en hoop as die enigste rigtingwysers. Dis ‘n reis na selfontdekking, die krag van drome, en die idee dat foute soms ok is en dat dit nuwe begin bring.

“Die refrein en brug wys dat die toekoms groot en uitdagend is, maar tog persoonlik en bereikbaar – ’n roep na ’n môre wat wag en wat vir ons bedoel is.”

Gaan luister na hierdie besondere lied van Caitie by https://www.skryfit.co.za/stem-ww/.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: [email protected]
Back to top button