Inwoners genooi na veiligheidsvergadering oor inbrake
Kommer oor ’n toename in inbrake bring inwoners en die polisie Donderdag byeen om veiligheid in vier woongebiede te bespreek.

MEYERTON – Inwoners van landelike gebiede soos Buyscelia, Mooilande, Homelands en River Park word genooi om Donderdag 15 Oktober ’n gemeenskapsvergadering saam met die polisie by te woon.
Die vergadering volg op kommer oor ’n toename in inbrake in dié gebiede.
Madelein Labuschagne, ’n aspirant DA-wykskandidaat vir Wyk 4, doen ’n beroep op inwoners om die vergadering by te woon, inligting te deel en saam na maniere te soek om veiligheid te verbeter.
Die vergadering vind om 18:00 by De Wetstraat 108, Buyscelia, plaas.
Inwoners word versoek om hul eie stoele saam te bring, aangesien slegs 40 stoele beskikbaar sal wees.
Vir meer inligting kan AO Deon Landman by 082 467 8382 gekontak word.
