SHS se syfer slim leerders
Hoërskool Sasolburg High School se leerders het onlangs in rekeningkunde en wiskunde kompetisies uitgeblink.
SASOLBURG – Hoërskool Sasolburg (SHS) se leerders het onlangs uitgeblink in die Wiskundekampioenskappe en die Rekeningkunde Olimpiade.
Graad 9-leerders, Adetokumbo Adeniyi, Riordan Baburam en Anastasiya Shestakova, is aangewys as die algehele wenners in Fezile Dabi met ’n uitstekende algehele gemiddeld van 97% in Rekeningkunde. Hulle dring deur na die Vrystaat-finaal op 22 Oktober 2026.

Die afgelope naweek het vier van SHS se leerders aan die Wiskundekampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem. Marinco van den Hoven (graad 9), Heinrich Harmse (graad 10) en Eduard Pieterse (graad 11) het almal tweede plekke behaal in die provinsiale kompetisie.
Olarato Thekiso (graad 11) het ook aan die provinsiale kampioenskappe deelgeneem nadat sy ʼn uitstekende tweede plek in die Fezile Dabe Distrikskompetisie behaal het.
