Entertainment

April-bruide kan nou inskryf

Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie 2015 is nou volstoom aan die gang en April-bruide kan nou inskryf. Die bruidsjaar strek vanaf Januarie tot Desember 2015. Gedurende hierdie tyd sal die deelnemers se foto’s in Vaalweekblad gepubliseer en onderhoude gevoer word om die maandwenner aan te wys. Die maandwenners sal om die titel as Vaalweekblad …

Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie 2015 is nou volstoom aan die gang en April-bruide kan nou inskryf.

Die bruidsjaar strek vanaf Januarie tot Desember 2015. Gedurende hierdie tyd sal die deelnemers se foto’s in Vaalweekblad gepubliseer en onderhoude gevoer word om die maandwenner aan te wys. Die maandwenners sal om die titel as Vaalweekblad se Bruid van die Jaar meeding en so die kans staan om nog groter pryse te wen. Bruide wat gedurende April getroud is, kan nou inskryf. Die sluitingsdatum vir hierdie bruide is 27 Mei.

Stuur ‘n e-pos aan Penelope van Vuuren by penny@media24.co.za. Inligting wat ons saam met die foto moet ontvang is: die bruid en bruidegom se naam en van, datum van hul troue en ‘n kontaknommer vir die bruid. Besighede wat belangstel om as borge op te tree vir hierdie kompetisie, kan gerus vir Penelope kontak by (016) 950 7047.
.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button