Local newsNews

Keegan is ‘n voorslag met die kolf

Die Vaaldriehoek het heelwat jong krieketsterre wat nog baie gaan uitblink in die toekoms.

VANDERBIJLPARK –  Een van die Hoërskool Driehoek se kookwater jong krieketspelers, Keegan Van Aswegen is gekies vir die o14-Sedibengspan.

Dis die tweede jaar wat hy vir die Sedibengspan gekies is. Verlede jaar was Keegan deel van die o13 span. Keegan het reeds op laerskool geskitter in krieket en hierdie jaar het hy al heelwat welslae met die kolf behaal.

Driehoek sê: “Jou toewyding het jou tot hier gebring en hierdie is nog maar die begin van jou krieketreis. Ons is so trots op jou. Mag die Here jou talent verder ontwikkel, jou beskerm op die veld en jou elke keer herinner dat harde werk en geloof jou ver kan vat!”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button