Nog dansvertonings hierdie naweek by ERT
Na afloop van Esperanza, 'n Carli Olivier Produksie, is dit duidelik dat daar geen tekort aan talent in die Vaal is nie.
SASOLBURG – Esperanza, ’n Spaanse dansproduksie deur Carli Olivier Produksies, het die gehoor by die Etienne Rousseau-teater (ERT) Vrydagaand op hul voete gehad.
Esperanza is die Spaanse woord vir “hoop.”
As jy die vertoning misgeloop het, is daar hierdie naweek twee dansvertonings by ERT op die verhoog.

Die eerste is Vrydagaand (4 September).
Curtain Call is ‘n produksie deur On Pointe Ballet Studio. Die vertoning begin om 18:30.
Die tweede vertoning is Saterdag (5 September).
Allure is ‘n produksie deur Georgina’s Dance Studio wat die diep, meesleurende aantrekkingskrag wat energie uit die aarde en sy wortels put, verken.
Dit is ‘n kombinasie van ballet, Spaanse dans, kontemporêr en Afrika-dans. Die vertoning begin om 14:30.
‘n Hele rits items is tydens Esperanza opgevoer. Hier is ‘n fotobeeld van Esperanza.
Foto’s: Elsje Vermeulen










