Entertainment

Kom bou jou selfvertroue saam met Leandie

MEYERTON. – Die bekende Leandie du Randt gaan op 24 Mei na die erediens by NG Meyertonpark met meisies van graad 10 tot graad 12 gesels. Sy streef daarna om jong meisies te help deur gebruik te maak van haar eie persoonlike ondervindings, sodat hulle selfvertroue kan ontwikkel en ook die beste weergawe van hulself …

Leandie du Randt
Leandie du Randt

MEYERTON. – Die bekende Leandie du Randt gaan op 24 Mei na die erediens by NG Meyertonpark met meisies van graad 10 tot graad 12 gesels.

Sy streef daarna om jong meisies te help deur gebruik te maak van haar eie persoonlike ondervindings, sodat hulle selfvertroue kan ontwikkel en ook die beste weergawe van hulself te kan wees. Leandie is baie bekend as ‘n suksesvolle aktrise, model en stemkunstenaar. Sy is egter ook ‘n gekwalifiseerde psigometris met ‘n B.Com.Hons. in bedryfsielkunde.

Sy is veral bekend vir haar rol as Ivanka Gouws in Binnelanders en vir haar rolle wat sy in rolprente soos Strikdas en Mooirivier vertolk.

Sy is ook bekend vir haar boek Gemaklik in jou eie lyf. Die boek is geskryf met die doel om tienermeisies anders oor hulself te help dink, om meer selfvertroue te kry en lewenslesse te leer wat op hul daaglikse lewe van toepassing is.

Die erediens begin om 09:00 en alle jong meisies word genooi om te kom luister wat Leandie te sê het. Haar boek sal ook beskikbaar wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button