HUIZEMARK – 20 JAAR

Nadat Lize Grobbelaar, direkteur en prinsipaal van Huizemark Vaal, en haar span in 2023 met die titel as Franchise van die Jaar vereer is, het hulle hul prestasies vanjaar voortgesit en weer eens met verskeie toptoekennings by die onlangse nasionale jaarlikse Huizemark-konferensie weggestap. Hulle het hierdie keer onder andere die Spantrofee as beste span in die land ontvang, die Team Spirit-toekenning; feitlik al die verhuringtoekennings, insluitend die Rental Franchise of the Year; hulle is as naaswenners in die Verkope-kategorie aangewys, en Lize is ook met die gesogte titel as Brandbuilder of the Year bekroon. Lize sê hierdie prestasies getuig nie net van die harde werk en toewyding van haar en haar span nie, maar ook van die vertroue wat hul kliënte in hulle gestel het. Hier vier lede van die Huizemark Vaal-span hul sukses na afloop van die nasionale konferensie, wat vroeër die maand by ‘n spog-venue nabyMiddelburg gehou is.

Twintig jaar van glorie vir Huizemark Vaal!

Huizemark Vaal vier vanjaar sy 20ste bestaansjaar: Twintig jaar waarin dié agentskap gereeld nasionale verkoopsrekords oorskry het.  Huizemark Vaal vorm deel van die  nasionale Huizemarkeiendomshandelsmerk wat kan spog met ‘n geskiedenis van etiese diens wat oor ‘n indrukwekkende 60+ jaar strek – ‘n nalatenskap wat voortspruit uit ‘n onwrikbare fokus op integriteit, professionaliteit en uitstekende kliëntediens. Om dié rede is Huizemark vir talle kliënte die nommer 1-keuse wanneer hulle ‘n eiendom wil koop, verkoop of verhuur. Vir Lize Grobbelaar, direkteur en prinsipaal van Huizemark Vaal, is dit ‘n genotvolle voorreg om saam met haar span vir kliënte hul droomwonings te vind, en dan met ewe veel toewyding na kopers, verkopers, huurders en verhuurders se belange om te sien. Lize is gebore en getoë in Sasolburg en dis hier waar sy reeds op ‘n jong ouderdom haar passie vir eiendomsake ontdek het. Haar ma, die bekende en hoogs suksesvolle eiendomsagent Hypie Roodt, het oor ‘n tydperk van meer as 30 jaar ‘n huishoudelike naam in Sasolburg geword. Hypie se voorbeeld het Lize geïnspireer om 20 jaar gelede, op 18-jarige ouderdom, ook die eiendomsbedryf aan te durf en
in haar ma se voetspore te volg. Die twee kon by geleentheid spog met rekordverkope van onderskeidelik 30 en 16 eiendomme in een maand! Met haar diepgewortelde eiendomskundigheid het Lize haar onderneming aanvankliknet in Sasolburg gevestig, maar in 2010 het sy na Vanderbijlpark uitgebrei, en in 2022 ook na Vereeniging. Dié dapper stappe het vrugte gedra en Huizemark Vaal groei steeds van krag tot
krag. Geen wonder dat dit as Franchise van die Jaar 2023 in die Huizemark Franchising Group aangewys is nie! Buiten dié eer het Huizemark Vaal verlede jaar ook al die toptoekennings vir uitsonderlike
diens en topresultate in die volgende nasionale toekenningskategorieë behaal:
* Hoogste getal in
Huurbestuur
* Randwaarde: Verhurings
* Aantal eenhede verkoop
* Randwaarde: Verkope
* Rising Star toekenning:
Beste nuweling in verkope.
Huizemark se nasionale hoofkantoor het die Vaaldriehoekse agentskap
se lof só besing: “Ons wens Lize Grobbelaar hartlik geluk.
Haar leierskap en leiding was instrumenteel in Huizemark
Vaal se prestasies. Ons is dankbaar vir die span wat sy saamgestel het. Hulle het geweldige deursettingsvermoë en toewyding getoon. Lize
en span, julle harde werk en deursettingsvermoë het vrugte afgewerp. Dankie vir julle lojaliteit en passie vir die Huizemark-handelsmerk!”
* Kontakbesonderhede vir Huizemark Vaal:
* Huizemark Sasolburg, Shop 10,  Sasolburg Boulevard, Shopping Centre, 016-9731931.
* Huizemark Vanderbijlpark, Rossini Boulevard 97,
Vanderbijlpark, 016-933 8400.
* Huizemark Drie Riviere, 4 Orwell-rylaan, Vereeniging,                          016-451 9850.

Back to top button