Is dit nou Vaaldriehoek of Fraaiedriehoek?
Beeldskone ikone hou die Vaal se naam hoor op die verhoog.
VANDERBIJLPARK – Met sprankelende krone op hul koppe en nasionale titels agter hul name gee vier jong skoonheidskoninginne die Vaaldriehoek rede om sy naam te verander.
Want hulle is alles behalwe Vaal. Dalk is dit tyd dat die Vaaldriehoek ook as die Fraaiedriehoek bekend staan.
Drie van die meisies kom van Vanderbijlpark en Meyerton, terwyl die vierde, Sharica Bondesio, deur haar betrokkenheid by Ace Vaal ook bande met die streek het.

Shanel Rautenbach (11) van Vanderbijlpark, ‘n leerling aan die Laerskool Emfulenipark, is as Princess Teen Universe RSA gekroon. Tanita de Gouveia (18), ook van Vanderbijlpark, het die Teen Universe RSA-titel verower, terwyl Amy van Niekerk (16) van die Hoërskool Dr. Malan in Meyerton as Pre-Teen Universe RSA aangewys is.
Sharica (18), ’n leerling aan die Hoërskool Monument in Krugersdorp wat deel is van Ace Model International – Vaal, het die titel as Petite Teen Universe RSA verwerf. Die kompetisie het op 12 en 13 September by Nelson Wine Estate in die Paarl plaasgevind.
Vir Shanel was die kroon die hoogtepunt van ’n jaar se harde werk en toewyding. Sy het ook nuwe vriendskappe gesmee en geleer hoe vriendelikheid ’n verskil in ander mense se lewens kan maak. Tydens haar bewind wil sy help om die Soul Sistersbroodprojek se bereik in haar gemeenskap uit te brei.
“Jy kan verandering bring en jou platform gebruik om ’n werklike verskil in jou gemeenskap te maak,” sê Shanel. Tanita, ‘n leerling aan die Word of Life Christian School, het reeds 13 jaar se model-ervaring agter die rug.
Sy het op vyfjarige ouderdom begin modelwerk doen en sê haar kroning het ’n jarelange droom verwesenlik.

Sy wil jonger meisies inspireer en deur haar niewinsgewende onderneming, Nita’s Nightingale Foundation, ’n verskil maak. “Titels kom en gaan, maar die vriendelikheid wat jy betoon, die lewens wat jy aanraak en die herinneringe wat jy agterlaat, is wat werklik saak maak,” sê Tanita. Amy het haar kroning met blydskap, dankbaarheid en ongeloof beleef.
Sy wil haarself as model en openbare spreker ontwikkel en gemeenskapsprojekte ondersteun wat jong meisies help om hul waarde en potensiaal te besef. “’n Kroon kan deure oopmaak en jou ’n platform gee, maar die ware waarde daarvan lê in hoe jy kies om dit te gebruik,” sê Amy.
Sy sien ook daarna uit om Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig en die land se mense en diversiteit aan die wêreld bekend te stel. Amy, Tanita en Sharica sal Suid-Afrika by Teen Universe International in Panama in 2027 verteenwoordig. Sharica wil deur haar Pink Box Project meisies help wat nie toegang tot sanitêre produkte het nie.

Volgens Rhuda Brummer, eienaar en nasionale direkteur van Teen Universe RSA, wil die organisasie deelnemers meer as net ’n kompetisie-ervaring bied. Werksessies oor onder meer selfvertroue, sosiale media, grimering, haarversorging en tandhigiëne vorm deel van die program.
“Ek wil hê meisies en hul ma’s moet die wêreld van skoonheidskompetisies saam beleef en leer, en met iets waardevols