HealthLifestyleLocal newsNationalNews

Publiek kan kom deel in Brandbewustheid- en Noodhulpsessies

"Ons doen 'n beroep op die gemeenskap om hierdie laaste sessies vir die jaar by te woon om te kom luister en ook om hulle ervarings met ons te kom deel" - Cobus Cato

Cobus Cato van die VF+ in die Vaaldriehoek, skryf:

ONS GEE OM!

Ons het oor die afgelope twee maande met gereelde tussenposes inligtingsessies aangebied vir die gemeenskap. Hierdie sessies het ‘n spesifieke bedoeling en fokus gehad rondom die gebeure wat in en om die huis plaasvind.

Die twee sessies was onder meer “Huishoudelike Eerste Hulp”en “Huishoudelike Brandbewustheid”. Die sessies is aangebied deur ervare paramedici, wat inderdaad ook betrokke was by die Hoërskool Driehoektragedie, wat uit ‘n oogpunt van ondervinding gepraat het. Ons sê baie dankie aan Hein Barnardo en Riaan Denton wat ons gehelp het met hierdie twee sessies.

Alhoewel die bywoning nie na wense was nie het diegene wat dit wel kon bywoon groot baat daarby gevind. Die aanbiedinge was gedoen by onder andere die Driehoek-biblioteek vir die SE- en SW-areas, en by die QUEST-omgewing vir die CE- en CW-areas. Ek moet die bywoning van die CW-area noem omdat daar die grootste opkoms was.

Die bedoeling van die Huishoudelike Eerste Hulp was om die gemeenskap bewus te maak van watter algemene beserings in en om die huis kan plaasvind, en hoe om dit te probeer hanteer met dit wat mense gewoonlik tot hulle beskikking het in die huis.

Die bedoeling van die Huishoudelike Brand Bewusmaking was om mense bewus te maak van die gevare van brande in en om die huis asook wat kan lei tot ‘n brand. Ook hoe om dit dan te bestry met items wat tot mense se beskikking is op daardie stadium.

Wat verbasend was, is die hoeveelheid idees wat geopper is uit die geledere van dié wat dit bygewoon het en dit was verblydend om te hoor.

Met die vinnig naderende feesseisoen word nog ‘n reeks inligtingsessies beplan rondom Huishoudelike Beveiliging. Die bedoeling hiermee is om die gemeenskap bewus te maak en paraat te kry oor hoe om hulself en hul eiendom te beveilig. Hierdie is nie ‘n selfverdedigingsessie nie maar is bloot gefokus op selfsorg-veiligheid.

Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap om hierdie laaste sessies vir die jaar by te woon om te kom luister en ook om hulle ervarings met ons te deel.

Ek sluit die inligting vir hierdie laaste sessies hier onder in en vertrou die opkoms sal groter wees. Belangstellendes kan my gerus kontak

 

Ons sal die inligting weer versprei op verskeie WhatsApp groepe ook.

VF+ Groete

Cobus Cato (072 910 9999)

Back to top button