Local newsNewsNews

Wapenhantering opleiding in Midvaal

AfriForum Midvaal bied Wapenhantering Opleiding aan en baie mense kan daarby baat.

“Hierdie opleiding is deel van ons voortdurende poging om ons lede toe te rus met die nodige vaardighede om hulself en hul gemeenskap beter te beveilig.

:Ons opleidingsessies sluit nie net wapenhantering in nie, maar ook taktiese opleiding, aanlyn modules soos radiospraak en huis beskerming, patrollies en ander noodsaaklike veiligheidsvaar-dighede,” vertuidelik Pieter Swart.

“Dit is inderdaad waar dat ‘n goed opgeleide gemeenskap ‘n veiliger gemeenskap is”.

“Dankie aan al ons lede wat hul tyd en toewyding gee om hierdie opleiding by te woon en ons gemeenskap veiliger te maak. Saam staan ons sterker.”

Belangstellendes word genooi om AfriForum Midvaal te kontak by 072 771 9081, of deur hul buurtwagleier direk te kontak by 079 876 4559 om by die buurtwag aan te sluit.

Doupie Dreyer som die dag so op:

Wat ‘n leersame dag was dit nie.

Ek is ‘n leek met handwapens en was op my senuwees in die begin, maar hoe later hoe lekkerder het die opleiding geraak. Ons het goeie opleiding ontvang.

Dankie aan die instrukteurs Louis Snr en Danie van Brakpan asook aan Hennie vir die bou van ons toerusting. Dankie aan almal wat materiaal geskenk het.

Almal kan baat vind by die opleiding! Woon gerus die volgende sessies by en raak meer vertroud met die hantering van jou wapen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button