Dit is Maandag, maar dis ‘n lui-lekker vakansiedag! Ontspan dus lekker en geniet vandag se pragtige foto’s deur die talentvolle “lockdown-fotograwe”. Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om …
"Lekker lui op 'n Maandag"- Bennie Henning van Germiston het hierdie pragtige foto by die Lions & Safari Park geneem.
Dit is Maandag, maar dis ‘n lui-lekker vakansiedag! Ontspan dus lekker en geniet vandag se pragtige foto’s deur die talentvolle “lockdown-fotograwe”.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 11de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn weer in Woensdag se uitgawe van Vaalweekblad (12 Augustus). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld, wat tans in Stellenbosch kuier, het die mooi foto geneem.Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het die mooi foto tydens ‘n uitstappie na in Granville Island geneem.Danie Nel van Parys het die pragtige foto geneem.Dave Henderson van die plaas Deelfontein naby Bloemfontein, het die pragtige foto in Noord-Wes geneem.Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het hierdie pragtige foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto geneem.June Barlett van George het die besondere landskapfoto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi sonsondergang foto geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi landskapfoto, wat sy oor die naweek in Knysna geneem het, met ons gedeel.Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van die dansende klein “bronze mannikins” geneem.Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die pragtige foto met sononder geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto van die swaan geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto van die renosters by die Rietvlei Natuurreservaat geneem.Sané Swart van Odendaalsrust het die pragtige foto naby die Tshebong Myn op pad Odendaalsrus toe geneem.Thyra Kelly van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.Thys Eigenhuis van Vereeniging her die mooi foto van die kameelperd in Sondela geneem.Amanda Vermeulen van Johor, Maleisië het die pragtige foto van die waterlelies geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto geneem.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za