Local newsNewsNewsBreaking News

Bekende sakeman oorlede

VANDERBIJLPARK. – ’n Bekende sakeman en vennoot by ’n plaaslike ouditeursfirma is Maandagoggend oorlede. Flip Fourie van die ouditeursfirma Steyn Smith & Fourie Ouditeurs was vir baie jare lank die tessourier van die Goue Driehoek Sakamer. Die sakekamer het in ’n verklaring gesê dat Fourie onthou sal word vir sy passie, integriteit en bereidwilligheid om …

VANDERBIJLPARK. – ’n Bekende sakeman en vennoot by ’n plaaslike ouditeursfirma is Maandagoggend oorlede.

Flip Fourie van die ouditeursfirma Steyn Smith & Fourie Ouditeurs was vir baie jare lank die tessourier van die Goue Driehoek Sakamer.

Die sakekamer het in ’n verklaring gesê dat Fourie onthou sal word vir sy passie, integriteit en bereidwilligheid om die sakegemeenskap te dien.

“Hy sal gemis word deur sy mede-legendes en al die sakelede in die Vaaldriehoek,” lui ‘n uittreksel uit die verklaring.

Fourie het glo in September van 1965 in die Vaaldriehoek begin werk as laboratoriumassistent by Sasol.

Op 24-jarige ouderdom het hy besluit om ‘n B.com-graad aan te pak en by die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys te studeer.

In 1978 het hy homself geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer, waarna hy in die vennootskap ingekoop het.

Fourie laat sy vrou Bets Fourie agter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button