Dit was waarskynlik die Maandagste, Dinsdag nog die jaar … maar hier is mooi foto’s om die dag so bietjie beter te maak. Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in …
Amanda Vermeulen van Johor, Maleisië het die pragtige straattoneel foto geneem. Amanda is een van drie internasionale "lockdown-fotograwe" wat gereeld foto's op die blad deel.
Dit was waarskynlik die Maandagste, Dinsdag nog die jaar … maar hier is mooi foto’s om die dag so bietjie beter te maak.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 11de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in Woensdag se uitgawe van Vaalweekblad (12 Augustus). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige natuur foto geneem.Bennie Henning van Germiston het hierdie pragtige foto van ‘n Springbok by die Lions & Safari Park geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld, het die mooi foto geneem.Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het die mooi stadslandskap foto tydens ‘n uitstappie na Granville Island geneem.Dave Henderson van die plaas Deelfontein naby Bloemfontein het die mooi landskapfoto geneem.Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het hierdie pragtige natuurfoto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto geneem.June Barlett van George het die pragtige lankskapfoto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die kunstige foto van haar kleurvolle hoed tussen die wilde blommetjie geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto van haar swart kat geneem.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi natuur foto geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi landskapfoto, wat sy oor die naweek onderweg na Knysna geneem het, met ons gedeel.Michelle Hart van Sasolburg het die skattige foto van haar viervoetkind geneem.Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van die twee “bronze mannikins” geneem.Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die mooi foto by die viswaters geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die natuurfoto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.Thys Eigenhuis van Vereeniging het die mooi foto geneem.Thyra Kelly van Vanderbijlpark het die mooi natuur foto geneem.Lizette Kuhn van Sasolburg het die mooi foto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za