Local newsNewsNews

Blad spog vandag met 4 internasionale bydraes

Ons spog vandag met twee vroue en een manlike fotograaf wat vir die eerste keer foto's op die blad deel. Die twee vrouens is Verona en Veronica. Die man is Mariäl Vermeulen (my broer) wat vanuit Maleisië 'n foto gedeel het. Vandag spog die blad dus met vier internasionale bydraes!

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 11de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in vandag se uitgawe van  Vaalweekblad (12 Augustus). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Veronica Viljoen van Glen Donald net buite Vereeniging, het die mooi foto van haar hond Nala geneem. Dit is die eerste foto wat sy op die blad deel.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige monochroom foto geneem.
Amanda Vermeulen van Johor in Maleisië het die pragtige lyne raakgesien en dié treffende foto geneem.
Mariäl Vermeulen van Johor, Maleisië het die pragtige foto van die luukse seiljag by die Puteri Hawe geneem. Dit is die eerste foto wat hy op die blad deel.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige foto tydens ‘n besoek aan die Weskus geneem.
Bennie Henning van Germiston het die skattige foto van ‘n kameelperd geneem.
Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het die mooi  foto tydens ‘n uitstappie na Granville Island geneem.
Dave Henderson van die plaas Deelfontein naby Bloemfontein, het die mooi landskapfoto geneem.
Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het hierdie pragtige foto geneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van die vinkie wat nes bou geneem.
June Barlett van George het die pragtige lankskapfoto geneem.
Thys Eigenhuis van Vereeniging het die pragtige sonsondergang foto in Vaalpark geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die kunstige foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto aan die begin van herfs in Sasolburg geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi landskapfoto, wat sy die afgelope naweek onderweg na Knysna geneem het, met ons gedeel.
Nico Smit van Vanderbijlpark het die oulike foto geneem.
Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het hierdie kunstige foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die kleurryke natuurfoto geneem.
Rozan Koen van Vaalpark het hierdie mooi foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button