Local newsNewsNews

Buks: ‘Jy sien hoe mense om jou sterf’

Elsje Vermeulen “Die ergste deel om as pasiënt in die hospitaal met Covid-19 opgeneem moet word, is die emosionele deel wat daarmee saamgaan. Jy sien hoe ander pasiënte ICU toe geneem word en nooit weer uitkom nie, nog erger, jy sien dat die persoon langsaan jou gesterf het. Dit breek jou geestelik.”   Dit is …

Elsje Vermeulen
“Die ergste deel om as pasiënt in die hospitaal met Covid-19 opgeneem moet word, is die emosionele deel wat daarmee saamgaan. Jy sien hoe ander pasiënte ICU toe geneem word en nooit weer uitkom nie, nog erger, jy sien dat die persoon langsaan jou gesterf het. Dit breek jou geestelik.”
 
Dit is hoe Buks van Heerden (49) van Meyerton, een van die bekendste plaaslike Comrades-atlete, sy ondervinding tot dusver vanuit sy hospitaalbed beskryf. Buks is Saterdag 25 Julie met Covid-19 gediagnoseer en moes weens onderliggende komplikasies op 28 Julie in Vereeniging in die hospitaal opgeneem word.
 

Die goeie nuus is dat die infeksietelling in Buks se longe baie verminder het en dat hy moontlik vandag (12 Augustus) uit die hospitaal ontslaan kan word. Volgens Buks se vrou, Carolien, is die infeksietelling nog nie 100% waar dit moet wees nie, maar daar is groot verbetering. Sy suurstofvlakke het ook baie verbeter.

“Dit was ook baie moeilik vir my om van Carolien afskeid te moes neem by die hospitaal. Ek het net gebid dat ek haar, my gesin en ouers weer sal kan vashou in my arms,” sê Buks.

Maar by die hospitaal het alles so vinnig gebeur dat daar skaars tyd vir ‘n behoorlike totsiens was.
Verder was dit ook vir hom bitter moeilik oor die wete dat Carolien en hul seuntjie Kriztiaan ook positief getoets het vir Covid-19 en hy nie daar sou wees om hulle by te staan nie.
 
Gelukkig was hulle simptome nie so erg soos Buks sin nie. “Dit gaan baie beter met my ook. Ek kry nog nou en dan ‘n hoofpyn en het nog af en toe ‘n hoesie, maar verder gaan dit goed,” sê Carolien.
 
Maar vir Buks was die hele ondervinding ‘n baie emosionele ervaring. “Vandag spoor ek mense aan om nooit die huis te verlaat of bed toe te gaan saans, sonder om vir jou geliefdes sê hoe lief jy hulle het nie,” beklemtoon Buks.
 
* Die egpaar het nie ‘n mediese fonds nie en goeie vriende het gehelp om die deposito te betaal, sodat hy die beste behandeling moontlik kan kry. Hulle benodig egter steeds hulp met fondse om al die mediese onkoste te dek. Carolien het intussen ‘n fonds vir hom gestig.

Mense wat die fonds wil ondersteun kan Carolien van Heerden se Facebookblad besoek of die volgende skakel besoek

https://www.backabuddy.co.za/buks-van-heerden

 
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button