Local newsNewsNews
Sedibeng het nou meer Covid-19 gevalle as Wesrand
Die Sedibeng-streek het tans 12 995geregistreerde Covid-19 gevalle, wat 222 sterftes insluit en 7 680 pasiënte wat reeds herstel het. Sedibeng het as streek tot onlangs die minste gevalle in Gauteng gehad, maar het nou verby die Wesrand geskuif wat 12 547 geregistreerde gevalle het. Wat egter erger is, is dat Sedibeng 616.9 gevaller per 100 000 populasie het, die hoogste in die land.

Die gevalle in Sedibeng is:
Emfuleni 9 738 (waarvan 6 019 herstel het)
Midvaal 1 388 (waarvan 664 herstel het)
Lesedi/Heidelberg-streek 1 825 (waarvan 997 herstel het)
Daar is steeds 44 gevalle wat nog nie aan een van die spesifieke streke binne die gebied toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter dorpe die bevestigde gevalle is nie.
- Die nuutste beskikbare syfers vir Metsimaholo – 1 814 gevalle (Sasolburg, Deneysville en Oranjeville)
- Daar is in totaal reeds 194 685 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 152 061 herstel het en 2 761 gesterf het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
