Hallo daar naweek! Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het hierdie pragtige foto geneem.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 11de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (12 Augustus) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto geneem.Henry Geyser van Vereeniging het die mooi natuurfoto geneem. Dit is die eerste (maar hopelik nie die laaste) foto wat Henry op die blad deel.Johan Froneman van Vanderbijlpark die pragtige foto geneem.Jacques de Lange van George het mooi foto van ‘n Protea geneem.Karin Cronjé van Andorra het die pragtige landskap foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto van die hen en haar kuikens geneem.June Barlett van George het die pragtige lankskapfoto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die interessante foto verlede naweek tydens ‘n besoek aan Knysna geneem.“Vuur en vlam” – Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van die “Bee-eater” geneem.Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die oulike foto by Magic Garden Centre in Vereeniging geneem.Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die pragtige foto (wat baie manne nou ‘n idee gee vir die naweek) geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto van die pad wat na die onweerswolke lei geneem.Verona Geyser (18) van Vereeniging, ‘n leerling aan die HS Overvaal, het die pragtie natuurfoto geneem.Amanda Vermeulen van Johor, Maleisië het die kunstige monochroom foto geneem.Bennie Henning van Germiston het hierdie pragtige foto van die Wildebeeste by die Lions & Safari Park geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige sonsondergang foto tydens ‘n onlangse vakansie aan die Weskus geneem.Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het die mooi foto tydens ‘n uitstappie na Granville Island geneem.Dave Henderson van die plaas Deelfontein naby Bloemfontein het die mooi foto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za