Local newsNewsNews

Help Chris asb. met Bybel-projek

VANDERBIJLPARK. - Chris van Rooyen is tans ‘n tweedejaarstudent aan die Geloof Bybel Kollege. Hy het ‘n passie om vir die Here te werk en sy gemeenskap te dien. Hy is besig om die Bybel met die hand oor te skryf en sodra die projek voltooi is, wil hy graag 77 kospakkies en Bybels bymekaar maak om 77 gesinne vir ‘n tydperk van kos te voorsien.

Hy is self tans werkloos, maar sy geloof is rotsvas. “Die Here sorg nog elke dag vir ons,” sê Chris, wat saam met sy vrou Esmé, ook hul kleindogter wat in Gr. 3 is, grootmaak. Omdat hy so geseënd is wil hy graag sy deel doen om die gemeenskap te help.

Hy het besluit om die Bybel met die hand oor te skryf en dan mense te kry wat donasies kan gee, of die projek kan borg. Geld wat sodoende verkry word, sal dan gebruik word om kos te koop vir die 77 gesinne wat hy graag wil help. Die getal 7 is die volmaakte getal en daarom het hy op 77 besluit. “Ons moet ‘n verskil maak in hierdie donker tyd van die Corona-virus,” het hy in ‘n brief aan Vaalweekblad laat weet.
Tot dusver het hy al 12 van die 27 boeke van die Nuwe Testament klaar en ook al ‘n paar van die Ou Testament. Chris sal dit ook waardeer as iemand hom dalk kan help om sy studies in sy finale jaar aan die Bybel Kollege te kan betaal. Dis eers later, vir eers wil hy graag sy 77 huisgesinne-projek van stapel stuur.

Indien jy sou belangstel om betrokke te raak, kan jy vir Chris ‘n SMS by 071 266 5078 stuur.
Skenkings van Bybels, penne, skryfblokke en nie-bederfbare kos kan gemaak word, of jy kan jou tyd afstaan en help met die insameling en verspreiding van die kos en Bybels. Mense wat geroepe voel om te help met die skryfwerk, kan hom ook kontak.

Chris van Rooyen besig met sy handgeskrewe Bybelprojek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button