Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Almal sal vanaand weer naderskuif om meer oor die stand van sake oor die inperking te hoor - maar dit is klaar bekend dat die inperking tot 15 September verleng sal word.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.). Die 11de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (12 Augustus) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto van ‘n Grysbek Neushoringvoël by die Rietvlei Natuurreservaat geneem.Henry de Beer van Vanderbijlpark het die mooi foto van sy kat, Mia, en haar kleintjies geneem.Jacques de Lange van George het die skitterende landskapfoto by die George Dam geneem.“Wat kyk jy?” – Johan Froneman van Vanderbijlpark die pragtige foto geneem.June Barlett van George het die pragtige silhouette foto geneem.“Weerkaatsing” – Karin Cronjé van Andorra het die kunstige foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacbos van Sasolburg het die mooi foto van ‘n hadida geneem.“Elke wolk het ‘n silwer randjie” – Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto verlede naweek tydens ‘n besoek aan Knysna geneem.Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto geneem – presies op die regte tyd!“Kyk net my mooi pootjie”- Elsje Vermeulen het die foto by die Emerald Resort & Casino se Animal World geneem.Die kunstige Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem.Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die foto van ‘n spinnekop geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi straatfoto op sy staproete geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi monochroom foto geneem.Amanda Vermeulen van Johor, Maleisië het die mooi kleurryke natuurfoto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto tydens ‘n onlangse vakansie aan die Weskus geneem.Bennie Henning van Germiston het hierdie pragtige foto by die Lions & Safari Park geneem.Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het die mooi foto tydens ‘n uitstappie na Granville Island geneem.Danie Nel van Parys het die mooi foto van ‘n renoster geneem.Dave Henderson van die plaas Deelfontein naby Bloemfontein het die mooi foto op ‘n uitstappie dorp toe geneem.Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het hierdie pragtige foto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za