Danie Nel van Parys het die pragtige foto van 'n renoster geneem. Dit is maar 'n pragtige gesig om te sien!
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 12de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in hierdie week se uitgawe van Vaalweekblad (19 Augustus). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Dave Henderson van die plaas Deelfontein naby Bloemfontein het die mooi foto geneem.Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het hierdie pragtige foto geneem.Eileen Pretorius van Alberton het die pragtige stillewe foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto geneem.Henry de Beer van Vanderbijlpark het die mooi foto van sy kat, Mia se baba geneem.Jacques de Lange van George het die pragtige landskapfoto by die George Dam geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark die pragtige foto geneem.June Barlett van George het die mooi oomblik vasgevang.Karin Cronjé van Andorra het die kunstige foto van die voetspore in die sand geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto van die son wat tussen die wolke wegkruip geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto in Clarens geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto verlede naweek tydens ‘n besoek aan Knysna geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die mooi natuur foto geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi straatfoto op sy staproete geneem.Amanda Vermeulen van Johor, Maleisië het die besondere landskapfoto foto geneem.Ben Stander van Vereeniging het die mooi landskapfoto op 15 Augustus in die Wildltuin geneem.Bennie Henning van Germiston het die pragtige foto van die zebras by die Lions & Safari Park geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto tydens ‘n onlangse vakansie aan die Weskus geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die natuurfoto geneem.Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het die mooi foto tydens ‘n uitstappie na Granville Island geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za