Sjoe, vandag se pragtige foto's slaan my asem weg! Die blad spog ook vandag met nog twee fotograwe wat vir die eerste keer foto's op die blad deel (Edna Cyster al die pad uit Saldanha Baai en die uwe, Raadslid Phil C Pretorius van Meyerton, Midvaal).
Hennie Coetsee van Meyerton, een van die meer gevorderde fotograwe, het die pragtige foto geneem.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 12de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in hierdie week se uitgawe van Vaalweekblad (19 Augustus). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Rico Bester van Kempton Park het die besondere foto van ‘n visfabriek in St Helena Baai met sonsopkoms geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die monochroom foto geneem.Jacques de Lange van George het die pragtige landskapfoto by die George Dam geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark die pragtige foto van ‘n geveerde besoekertjie geneem.June Barlett van George het die mooi foto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die kunstige foto van ‘n wensbeentjie geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die weerkaatsing op die water raakgesien en vasgevang.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto onlangs tydens ‘n besoek aan Knysna geneem.Edna Cyster van Saldanha Baai het die mooi foto op Bloubergstrand, Kaapstad geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi vurige foto geneem.Monica Warren van Richardsbaai het die mooi kleurryke foto geneem.Phil C Pretorius van Meyerton het die pragtige foto op pad terug van die Wildtuin geneem.Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die pragtige monochroom foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto van ‘n ossewawiel geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige monochroom foto geneem.Amanda Vermeulen van Johor, Maleisië het die buitengewone straattoneel teëgekom en vasgevang.Bennie Henning van Germiston het die pragtige foto van die springbokke by die Lions & Safari Park geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige sonsondergang foto tydens ‘n onlangse vakansie aan die Weskus geneem.Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het die mooi foto tydens ‘n uitstappie na Granville Island geneem.Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het hierdie pragtige foto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za