Vosloo Park, rivierowers ontaard in ’n tentedorp vir haweloses
VEREENIGING. – Talle mense het tydens die staat van inperking hul werke verloor, mense kry swaar en die ekonomiese vooruitsigte lyk bleek. Die verergerende probleem is nêrens meer oorglopend as langs die oewers van riviere in die Vaaldriehoek nie. Te midde van die krisis waarin die land gedompel is het talle tenthuisies die afgelope tyd …
VEREENIGING. – Talle mense het tydens die staat van inperking hul werke verloor, mense kry swaar en die ekonomiese vooruitsigte lyk bleek. Die verergerende probleem is nêrens meer oorglopend as langs die oewers van riviere in die Vaaldriehoek nie. Te midde van die krisis waarin die land gedompel is het talle tenthuisies die afgelope tyd in Vosloo Park en ander gebiede langs die Vaalrivier en Kliprivier opgespring. Terwyl die aantal plakkers langs die rivieroewers in die Vaaldriehoek by die dag meer raak is ander inwoners wat in hierdie gebiede bly bekommerd dat hul buurte in plakkerskampe gaan ontaard. Navrae is aan Chuchi Radebe, ’n woordvoerder van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, gerig ten opsigte van die situasie. Vaalweekblad sal terugrapporteer sodra terugvoer ontvang is.





