Ons spog vandag met 'n groot versameling foto's wat van regoor Suid-Afrika en selfs drie ander lande gestuur is. Die nuutste toevoegings tot die groep is Callie Rautenbach van Plettenbergbaai, Taryn Bester van Paternoster en Yvette Wilde van Vereeniging.
Rico Bester van Kempton Park het die pragtige foto van die bome wat op die water weerkaats by 'n dam in die ou Transkei naby Kokstad geneem.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 12de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in Woensdag se uitgawe van Vaalweekblad (19 Augustus). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Eileen Pretorius van Alberton het hierdie kunstige foto geneem. Mens proe amper hoe lekker dit is.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto van die verlate strate op sy staproete geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto van ‘n ou trekker geneem.Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die kunstige foto geneem.Yvette Wilde van Vereeniging het hierdie pragtige sonsondergang foto by die Be Our Guest Retirement Yard geneem.Jacques de Lange van George het vanoggend die mooi foto geneem, … net om ons te wys waar die koue hier in die Vaal vandaan kom.Zinta Barnard (17) van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die kunstige nywerheidfoto geneem.Bennie Henning van Germiston het die pragtige foto by die Lions & Safari Park geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die oulike foto tydens ‘n onlangse vakansie in Stellenbosch geneem.June Bartlett van George het die pragtige landskapfoto by die George Dam geneemAmanda Vermeulen van Johor, Maleisië het die pragtige monochroom foto geneem.“Hoe rooier hoe mooier”- Callie Rautenbach van Plettenbergbaai het die mooi foto geneem.“So lyk Granville Island” – Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het die mooi foto tydens ‘n uitstappie na Granville Island geneem.Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die kunstige selfportret geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark die mooi foto geneem.Dave Henderson van die plaas Deelfontein in die Vrystaat naby Bloemfontein, het die mooi landskapfoto geneem.Edna Cyster van Saldanha Baai het die mooi foto op Bloubergstrand, Kaapstad geneem.“Hier kom die koue” – Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto van die donker wolke geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi landskapfoto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Monica Warren van Richardsbaai het die kunstige natuur foto geneem.“Boeretroos” – Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi stillewe foto geneem.Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die abstrakte kunsfoto geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto geneem.Phil C Pretorius van Meyerton het die kunstige monochroom foto geneem.Taryn Bester van Paternoster het die interessante foto na ‘n vloedreën geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za