Twee nuwe fotograwe deel vandag vir die eerste keer foto's op die blad - Erica Venter wat ysige foto's in Uniondale geneem het en Johan Kleynhans van Vanderbijlpark.
Jacques de Lange (oud-Valie) van George het die pragtige landskapfoto by die George Dam geneem.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 12de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in gister se uitgawe van Vaalweekblad (19 Augustus) versyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Johan Froneman van Vanderbijlpark die mooi foto geneem.Johan Kleynhans van Vanderbijlpark het die mooi foto in sy tuin geneem.June Bartlett van George het die pragtige landskapfoto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto in Sasolburg geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto onlangs tydens ‘n besoek aan Knysna geneem.Taryn Bester van Paternoster het die interessante foto na ‘n vloedreën geneem.Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.Sonja Hollander van Kempton Park het die mooi natuurfoto geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die interessante foto geneem.Yvette Wilde van Vereeniging het hierdie pragtige sonsondergang foto by die Be Our Guest Retirement Yard geneem.Zinta Barnard (17) van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem.Amanda Vermeulen van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.Bennie Henning van Germiston het die foto van die wildebeeste by die Lions & Safari Park geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto van ‘n sappige aarbei geneem.Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het die kunstige foto geneem.Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto byTava Lingwe in Vrede geneem.Dave Henderson van die plaas Deelfontein in die Vrystaat naby Bloemfontein, het die mooi foto geneem.Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die pragtige foto geneem.Edna Cyster van Saldanha Baai het die foto op die N720 geneem.Erica Venter het die foto in Uniondale geneem.Henry de Beer van Vanderbijlpark het die mooi foto van maan wat op die see skyn in Jeffrey’s Baai geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za