Local newsNewsNews

Laat jou kreatiewe denke vlerke kry deur fotografie

'n Interessante en kreatiewe naweek word al die lesers en fotograwe toegewens.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 12de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die week se uitgawe van  Vaalweekblad (19 Augustus) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi natuurfoto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto van die rivier en Stonehaven geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto onlangs tydens ‘n besoek aan Knysna geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto van ‘n springkaan geneem.
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die pragtige landskapfoto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.
Sonja Hollander van Kempton Park het die mooi foto van die oulike klein viervoet geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi akwariumfoto geneem.
Yvette Wilde van Vereeniging het hierdie pragtige sonsondergang foto by die Be Our Guest Retirement Yard geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die kunstige monochroom foto  van weerkaatsing in ‘n plas water geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi nagfoto van die stad geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi stillewe foto geneem.
Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het die kunstige straattoneel foto geneem.
Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het die moo foto by Tava Lingwe geneem.
Danie Nel van Parys het die mooi foto by Bergendal geneem.
Dave Henderson van die plaas Deelfontein in die Vrystaat naby Bloemfontein, het die mooi foto geneem.
Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die mooi foto geneem.
Erica Venter van Uniondale het die pragtige foto geneem.
Esna Kruger van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van die zebras wat in ‘n ry staan en water drink by die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
J.C. Van der Walt (17) van Vereeniging het die mooi foto by die HS Overvaal geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
“Road Trip” – Bennie Henning van Germiston het die mooi foto geneem.
“Delicious Monster” – Johan Kleynhans van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button