Local newsNewsNews

Sasol-inwoners poets vervalle groenstrook blink

SASOLBURG. - Dit wil gedoen wees! ‘n Paar inwoners van die dorp was moeg om in die vervalle toestand van die groenstrook digby hul wonings vas te kyk, en in plaas daarvan om net te sit en wag vir ‘n ‘wonderwerk,’ het hulle toe sommer self die ‘wonderwerk’ geword.

“Daar was daagliks mense wat sommer net daar in die groenstrook by Snymanstraat vullis gaan stort het,” vertel Leon Meyer.
Rommelkrappers het gereeld daar kom rondsoek. Dit is toe dat Leon en ‘n paar ander inwoners besluit het genoeg is genoeg.

“Ons het een van die rommelkrappers ‘n weeklikse werk aangebied om ons te help om die strook in stand te hou, en toe het ons met die groot skoonmaak begin,” vertel Leon.
Petrus Mdluli, wat by sy ma in Amelia woon, het nou ‘n werk en die inwoners is sommer baie in hul skik met hoe die groenstrook nou vertoon.

Van die betrokke inwoners dra tot Petrus se vergoeding by en Leon bedank hulle vir die samewerking.  Die inwoners wat ‘n bydrae maak, is Laudis van Zyl, David Moshodi, Eugene Coetser, Jakes Jacobs, Jan Stander, Dirk van Eeden en Leon Meyer.
Nadat die groenstrook mooi skoongemaak is, is daar besluit om vetplante te plant wat goedgunstiglik deur mnr. Khatu van Sasolburg-kwekery geskenk is. Die seer oog is iets van die verlede en nou weer ‘n lus vir die oog.

“Ons is steeds besig om vetplante aan te plant. ‘n Inwoner van Edwardstraat het ook besluit om self die sypaadjie naby haar huis te verfraai nadat daar ook vullis gestort was,” sluit Leon af.
Enigeen wat ‘n bydrae vir die skoonmaak-aksie in die woongebied wil maak, kan Leon by 083 7754 639 kontak.

* Dankie tog die drankwinkels is weer oop, want hierdie manne verdien beslis ‘n Bell’s – Red!

Van die rolspelers wat die groenstrook naby hul wonings weer mooi gemaak het. Van links is Petrus, Leon, Dirk en David.
Hoe die groenstrook gelyk het.
Hoe die groenstrook nou lyk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button