Local newsNewsNews

Ouma hekel vir knie-operasie

Filanda Jansen van Rensburg het onlangs 'n skrywe aan Vaalweekblad gerig oor haar ouma wat 'n knie-operasie moet ondergaan en geld daarvoor insamel.

Filanda skryf:
My ouma moet baie dringend vir ‘n knie-operasie gaan. Ouma het nie ‘n mediese fonds nie. Die staat kan haar ook nie nou help nie, omdat hulle agter is met operasies en ook omdat hulle dit nie as nood beskou nie, maar my ouma kan skaars loop.
Ons het gedink om vir haar ‘n mediese fonds te kry, maar omdat ouma reeds in haar 70’s is en baie lank gelede ‘n mediese fonds gehad het, is haar maandelikse bedrag astronomies vir iemand wat net ‘n staatspensioen ontvang.
Ons het toe gedink om vir haar ‘n fondsinsameling te doen. Sy hekel hierdie mooi doilies -️ iets wat jy nie meer regtig vandag kry nie.

Die prys per doilie is tussen R30 en R50. As julle graag ‘n bestelling wil plaas, kan julle my by 072 450 9270 of vir tannie Petra by 084 695 8954 kontak.

Hier is nog  ‘n voorbeelde van haar werk. Alle fondse wat ingesamel word, gaan direk vir die operasie en herstel na die operasie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button