Local newsNewsNews

Kom ‘toer’ saam met fotograwe

Dit is tyd om die naweek af te sluit met 'n foto-toer saam met die "lockdown-fotograwe".

Dit is tyd om die naweek af te sluit met ‘n foto-toer saam met die “lockdown-fotograwe”.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 13de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” sal in hierdie week se uitgawe van  Vaalweekblad (26 Augustus) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het die afgelope naweek die Lindeman Lake staproete  buite Chilliwack aangedurf. Op die foto is een van die mede-stappers.
Danie Nel van Parys het hierdie pragtige foto van ‘n luiperd geneem.
Dave Henderson van die plaas Deelfontein in die Vrystaat naby Bloemfontein, het die mooi landskapfoto geneem.
Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die mooi foto geneem.
Erica Venter van Uniondale het die mooi foto geneem.
Esna Kruger van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van ‘n brulpadda geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi landskapfoto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto tydens ‘n onlangse besoek aan Knysna geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Die kunstige Pierre Fourie van Vanderbijlpark het hierdie interessante foto geneem.
Polla Jansen van Rensburg van Vredenburg het hierdie mooi landskapfoto in ‘n veld naby haar huis geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie mooi foto geneem.
“Dis amper lente”- Sonja Hollander van Kempton Park het die foto geneem.
Taryn Bester van Paternoster het die pragtige foto geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto van die Kiepersolbome by die Suikerbosrand Natuurreservaat geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto van waterlelies geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto van ‘n murasie geneem tydens ‘n onlangse vakansie aan die Weskus geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die natuurfoto in haar tuin geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button