Local newsNewsNews

Belinda – ma van vele, met hartplek vir meer

Dit klink alles baie formeel, asof die plek van veiligheid die atmosfeer van ‘n kliniese inrigting moet hê. Dit is glad nie die geval nie. Inteendeel, ‘n mens voel tuis in die huis. Asof jy kan skoene uitskop en saam met die kinders kan speel.

VANDERBIJLPARK. – Huis Belinda is amptelik ‘n veilige hawe vir babas en kinders. Een van die eerste plekke waarheen die polisie en maatskaplike werkers babas neem wat sommer net so op ashope of in hospitale gelos is.
Dit klink alles baie formeel, asof die plek van veiligheid die atmosfeer van ‘n kliniese inrigting moet hê. Dit is glad nie die geval nie. Inteendeel, ‘n mens voel tuis in die huis. Asof jy kan skoene uitskop en saam met die kinders kan speel.
In die babakamer loer ‘n kêreltjie grootoog vir die tannie terwyl hy rustig sy bottel drink. Hy het heerlik buite saam met sy ouer boetie gespeel totdat die moeg hom ingehaal het.

Die kinders is opgewonde om met die nuwe klerebank te help.

“Mamma, kan ek vir ons toebroodjies maak?” kom vra haar oudste seun in pleegsorg. Hy en sy maats is konstant honger, soos wat tieners nou maar is.
‘n Regte leefhuis met baie warmte en liefde. Die een wat alles bymekaar hou is, Belinda Venter.
Die vrou met ‘n groot en sagte hart vir kinders. Alle kinders. Haar vier dogters en 11 kleinkinders se foto’s pryk teen die een muur, maar teen die ander mure is daar verskeie foto’s van haar ander kinders wat deur die jare gekom en gegaan het. Vir elkeen het sy ‘n sagte plekkie. Oor elkeen kan sy ‘n storie vertel.
Belinda het in 2004 die eerste keer kinders in pleegsorg geneem, maar in 2012 het sy geroepe gevoel om babas wat mishandel of weggegooi is, te help. Sy werk nou saam met Jessica’s Wall of Life in Vanderbijl park en behandel elke baba soos haar eie. Die dat dit so moeilik vir haar is as die babas weer moet weggaan.
“Ek is dankbaar vir elke baba wat ‘n goeie huis vind. Dan is ek tevrede.”
Finansieel gaan dit nie elke dag ewe maklik nie. Veral die jaar het die Covid-19 inperkings baie borge se skenkings aan bande gelê.
Belinda vertrou 100% op die Here en sê hulle was nog nie een dag sonder kos nie.

Die jongste prinsessie in die huis neem ‘n oggendslapie.

“Ek het geleer om van dag tot dag te vertrou,” sê sy. Mense wat Huis Belinda wil bystaan kan kos, doeke (nr. 5), Lactogen nr. 2 of Nan. nr. 2 skenk. Kontak Belinda gerus by 082 667 6704. Belinda is ook baie opgewonde oor die nuwe klerebank wat hul gestig het en wat hulle nog besig is om uit te sorteer.
Sy glo dat sy moet teruggee aan die gemeenskap. Juis daarom het sy ook ‘n bederf projek vir Vrouemaand geloods.
Sy het reeds vroue op die kleinhoewes geïdentifiseer wat sy wil bederf met pakkies gevul met seep, handeroom, ligte naellak en ag, sommer alles wat lekker is en vir wie sy graag ook ‘n basiese manikuur wil gee. Skakel haar gerus indien jy by die projek betrokke wil raak.
Sy beoog om die uitreik op 26 en 28 Augustus te hou en die ander bederfpakkies teen 31 Augustus uit te deel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button