Local newsNewsNews

Klein Saterdag bied groot verskeidenheid foto’s

Dit is klein Saterdag en die fotograwe bederf ons met 'n groot verskeidenheid foto's.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 19de fotoblad verskyn in vandag se uitgawe van Vaalweekblad (7 Oktober). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die kunstige foto geneem.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die pragtige foto geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark is een van die gevorderde fotograwe op die blad en het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
June Bartlett van George spesialiseer in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die pragtige foto by Sun City geneem.
Jacqeline Els van Meyerton het die oulike foto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi landskapfoto onlangs tydens ‘n besoek aan Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.
“Bloekomboom” – Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark kuier tans in Sedgefield (Kaap) en het die mooi foto in Oudshoorn geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die oulike foto onlangs by Irene Farm geneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto geneem.
Adriaan Dewaal (15) van Belfast het die kunstige foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto onlangs tydens ‘n vakansie by die Langkawi Eiland geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.

Back to top button