Local newsNewsNews

Fotoblad: Geen tekort aan kunstigheid!

Vandag se foto-versameling is van hoogstaande gehalte en loop oor van kunstigheid.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 19de fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (7 Oktober) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Johan van der Westhuizen van Vaalpark het die besondere “long exposure” sonsondergang foto by ‘n rivier in Clarens geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die kunstige monochroom foto geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige landskapfoto geneem.
Die kunstige Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die mooi monocrhoom foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die treffende foto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto in die tuin geneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Johan Froneman van Vanderbijlpark is een van die gevorderde fotograwe op die blad en het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
June Bartlett van George het die skattige foto geneem. June spesialiseer in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
“Vyeboom” – Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.
“Groot shongololo” – Louise van der Merwe het die oulike foto van die groot duisendpoot geneem.
Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die mooi foto op die Stokkiesdraaipad butie die dorp geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die interessante foto vroegoggend op die strand geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die oulike foto geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button