Local newsNewsNewsBreaking News

Man ongedeerd nadat voertuig klip tref en rol

VEREENIGING. – ’n Man het slegs geringe beserings opgedoen nadat hy glo vir ’n voertuig in die pad moes uitswaai, ’n klip op die middelman in Voortrekkerstraat getref het en die kar gerol het. Die ongeluk het omstreeks 21:30 op die hoek van Voortrekkerstraat en Rhodeslaan (by McDonalds) in Vereeniging se middestad gebeur. Die silwer …

VEREENIGING. – ’n Man het slegs geringe beserings opgedoen nadat hy glo vir ’n voertuig in die pad moes uitswaai, ’n klip op die middelman in Voortrekkerstraat getref het en die kar gerol het.

Die ongeluk het omstreeks 21:30 op die hoek van Voortrekkerstraat en Rhodeslaan (by McDonalds) in Vereeniging se middestad gebeur.

Die silwer Volkswagen Citi Golf het op sy dak te lande gekom.

Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie.

Insleepdienste het gehelp om die kar om te draai sodat dit weer op sy wiele staan.

Die voertuig het op sy dak te lande gekom nadat die bestuurder ‘n klip op die middelman in Voortrekkerstraat getref het en die kar gerol het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button