Local newsNewsNewsBreaking News

Oorsaak van waterdrukprobleme moontlik gevind

VEREENIGING. – ’n Gebarste waterpyp in die Kliprivier naby die Kubali River Estate kan moontlik verklaar waarom inwoners van Drie Riviere al vir maande lank erg onder lae waterdruk gebuk gaan wat veroorsaak dat daar bedags feitlik geen water in die krane is nie. Rdl. Daleen Venter, Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se raadslid vir Drie Riviere, …

VEREENIGING. – ’n Gebarste waterpyp in die Kliprivier naby die Kubali River Estate kan moontlik verklaar waarom inwoners van Drie Riviere al vir maande lank erg onder lae waterdruk gebuk gaan wat veroorsaak dat daar bedags feitlik geen water in die krane is nie.

Rdl. Daleen Venter, Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se raadslid vir Drie Riviere, het hierdie foto aangestuur van water wat onverpoosd uit die gebarste pyp uit spuit en meen dit is waarskynlik die oorsaak vir die buurt se waterdruk probleme.

‘n Lekkasie op hierdie selfde pypleiding was volgens Venter al in die verlede die oorsaak van soortgelyke waterdrukprobleme.

Rdl. Salome Janse van Rensburg (Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se raadslid vir Risiville) het gewaarsku dat watertoevoer na Drie Riviere en Risiville Saterdag omstreeks 15:00 toegedraai sou word sodat die pyp herstel kan word. Daar is nie sekerheid oor presies hoe lank herstelwerk kan neem nie.

Kan hierdie gebarste waterpyp moontlik die oorsaak wees van Drie Riviere waterprobleme? Rdl. Daleen Venter dink so. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button