Die lede op die fotoblad het besluit dat daar 'n Facebookblad moet wees waar foto's gerieflik opgelaai kan word, en waaruit Elsje Vermeulen van Vaalweekblad dan vrylik kan kies wat op die fotoblad op die webtuiste gedeel word. Fotograwe kan dus deel word van die Facebookblad Elsje's Choice on Photos.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi motorsport foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 20ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (14 Oktober). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige foto geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die pragtige foto geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die monochroom foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark is een van die gevorderde fotograwe op die blad en het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.June Bartlett van George het die pragtige foto met haar selfoon geneem onderweg na Hogsback. June spesialiseer in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto in die tuin geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto onlangs tydens ‘n besoek aan Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.Lydia Wolmarans Pierre van Ryneveld het die pragtige foto by die Rietvlei Natuur Reservaat geneem.Louise van der Merwe het die pragtige foto geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto op die strand geneem.Nichelle Engelbrecht van Vanderbijlpark het die foto geneem.Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark kuier tans in Sedgefield (Kaap) en het die foto in Mosselbaai geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za