NewsNews

Rowers dra winkel se totale voorraad weg

VANDERBIJLPARK. - Battery Centre in Rossini-boulevard is Saterdagoggend, 14 November, helder oordag deur drie rowers beroof.

Volgens mnr. Sjoerd Douwenga van die sakeonderneming, het die rowers sy personeel met vuurwapens gedreig en hulle agter in die winkel toegemaak.
Die rowers het Battery Centre se volle voorraad eksklusiewe voertuigbatterye weggedra en net die leë rakke agtergelaat.
Die rowers het daarna die dag se kontant uit die kasregister gesteel, sowel as die volledige voorraad eksklusiewe voetuigbatterye.
Die waarde word op minstens R200 000 geraam. Die personeel kon nie die kleur of fabrikaat van die rowers se voertuig sien nie, maar het gehoor dat ‘n voertuigskuifdeur oop- en toegaan toe hulle die gesteelde artikels daarin gelaai en weggery het.
Dit was vermoedelik ‘n paneelwa of minibus.
Volgens Douwenga is sy personeel getraumatiseer deur die gebeure, maar gelukkig is niemand beseer nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button