Motorfietsryer erg beseer in fratsongeluk op R59-snelweg
Trok se gebarste band slaan ryer van sy motorfiets af
OPDATERING: DIT IS MET HARTSEER DAT VAALWEEKBLAD RAPPORTEER DAT BARRY ENGELBRECHT, DIE MOTORFIETSRYER WAT SATERDAG IN ‘N FRATSONGELUK NABY PICK N PAY IN VANDERBIJLPARK BESEER IS, DIE ONGELUK NIE OORLEEF HET NIE.
ONS INNIGE SIMPATIE AAN SY OUERS, GESIN EN VRIENDE. – RUS IN VREDE, BARRY :-(
VAALWEEKBLADSPAN.
EERSTE BERIG:
‘n Motorfietsryer is in ‘n kritieke toestand nadat ‘n vragmotorband blykbaar vanmiddag (3 April 2021) gebars en hom getref het terwyl hy op die R59-snelweg gery het. Die fratsongeluk het naby die Ascot On Vaal-afrit in Vanderbijlpark gebeur. ER24 berig dat paramedici om 16:40 op die toneel opgedaag het en die 38-jarige motorfietsryer langs die pad aangetref het. Hy was in ‘n kritieke toestand en gevorderde lewensondersteunende ingryping was nodig om hom te stabiliseer voordat hy na Mediclinic Vereeniging oorgeplaas is vir verdere behandeling. * Vaalweekblad wens die beseerde en sy familie baie sterkte toe in hierdie moeilike tyd. Ons hou julle in ons gebede.
*********************************************************************
