NewsNews

AfriForum help Laerskool Eligwa se voedselprojek

VANDERBIJLPARK. – Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark het die afgelope drie maande 20 voedselpakkies ter waarde van R250 elk aan Laerskool Eligwa se voedselprojek geskenk. Dié voedselprojek voorsien tans kospakkies aan sowat 30 huisgesinne. Elke kospakkie bestaan uit die volgende: rys, pasta, meel, sakkies sop, twee-minuut noedels, blikkieskos, appelkooskonfyt, margarien, suiker, koffie of tee, melkpoeier, lyfseep, …

VANDERBIJLPARK. – Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark het die afgelope drie maande 20 voedselpakkies ter waarde van R250 elk aan Laerskool Eligwa se voedselprojek geskenk. Dié voedselprojek voorsien tans kospakkies aan sowat 30 huisgesinne.

Elke kospakkie bestaan uit die volgende: rys, pasta, meel, sakkies sop, twee-minuut noedels, blikkieskos, appelkooskonfyt, margarien, suiker, koffie of tee, melkpoeier, lyfseep, tandepasta, sjampoe en toiletpapier.

“Dit is vir AfriForum belangrik om op só manier ’n bydra te maak in die gemeenskap en te help waar dit nodig is. Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om by projekte soos hierdie betrokke te raak en ’n daadwerklike verskil te maak,” sê Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand en Vaaldriehoek.

Die Laerskool Eligwa se voedingsprojek word onder leiding van Bianca Goss, ’n onderwyseres by dié laerskool, uitgevoer. Persone wat by hierdie projek wil betrokke raak deur voedsel skenkings of finansiële bydraes moet asseblief die skool direk kontak.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button