LifestyleNews

Arno Jordaan sing by pretdag langs Vaalrivier

Op Sondag, 24 Oktober, kom Nadine haar Vaaldriehoekse bewonderaars by Riviera Hotel bekoor!

Sondag, 17 Oktober, is inwoners van die Vaaldriehoek behoorlik bederf met ‘n luilekker piekniek en vertoning deur die talentvolle sanger, Arno Jordaan (inlasfoto). Die pretdag is langs die Vaalrivier op die golwende grasperke van die Riviera Hotel in Vereeniging gehou. Meer as 200 piekniekgangers het die geleentheid bygewoon. Hou Ster en Vaalweekblad dop en volg ook Riviera Hotel se Facebook-blad vir inligting oor die volgende geleenthede en kunstenaars wat hier gaan optree.

Op Sondag, 24 Oktober, is dit die talentvolle sangeres Nadine wat Vaaldriehoekse musiekliefhebbers by die Riviera Hotel kom trakteer op die allermooiste liedjies en staaltjies uit haar 25 jaar in die musiekbedryf. Kontak die hotel by 016 420 1300 om jou kaartjies te bespreek. 

*************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button