Meer as 900 verdagtes vasgetrek in Gauteng
Die SAPD sê #OperationShanela sal voortgesit word met 'n spesifieke fokus op gewelddadige misdaad, die beskerming van kwesbare groepe, onwettige vuurwapens en dwelms.
Hoewel misdaadstatistiek hoog bly en die stryd waarskynlik ‘n nimmereindigende een is, verskerp die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Gauteng steeds hul optrede deur #OperationShanela.
Meer as 900 verdagtes is tydens die jongste gekoördineerde multidissiplinêre operasies regoor die provinsie vasgetrek.
Die operasies word gelyktydig oor al vyf Gautengse distrikte ontplooi en bestaan uit twee fases.
1. Opsporing en Inhegtenisneming van gesoekte verdagtes
Speurders het suksesvol opgetree en 735 gesoekte verdagtes in hegtenis geneem.
Asook:
422 verdagtes wat met kontakmisdade verbind word.
148 verdagtes wat gesoek is vir misdade teen vroue en kinders.
2. Misdaadvoorkoming en ontwrigting van kriminele aktiwiteite
Hierdie fase fokus op die ontwrigting van misdaad deur hoë-sigbaarheidspatrollies, padblokkades, deursoekings (stop-and-searches), dranknakomingsinspeksies en intelligensiegedrewe aksies.
Dit het gelei tot verdere inhegtenisnemings vir:
- 98 oortredings van die Immigrasiewet
- 69 gevalle van bestuur onder die invloed van alkohol
- 23 gevalle van dwelmbesit
- 14 oortredings van die Gautengse Drankwet
- Verskeie ander oortredings soos die besit van onwettige vuurwapens en vermoedelik gesteelde eiendom.
Die Waarnemende Provinsiale Kommissaris, majoor-generaal Fred Kekana, het die uitslae verwelkom en die samewerking tussen die SAPD, Metropolisie, Provinsiale en Nasionale Verkeer, Binnelandse Sake, private sekuriteit, Gemeenskapspolisieringsforums (GPF’s) en ander belanghebbendes geprys.
Rapporteer Misdaad
Die publiek word gevra om die polisie te ondersteun met inligting via:
MySAPS-toepassing: Beskikbaar op alle slimfone
Stop Misdaad (Crime Stop): 08600 10111