Vanderbijlpark Rotariërs bedrywig in die gemeenskap
'n Groot dank aan lede van die Vanderbijlpark Rotariërs, wat 'n werklike verskil maak in plaaslike inwoners se lewens.
VANDERBIJLPARK – Die lede van die Vanderbijlpark Rotariër-klub sit nie een oomblik stil wanneer dit by gemeenskapsdiens kom nie.
Rotariër Charles het weduwees en wewenaars by ‘n NPO in Bophelong bederf met ‘n skenking van warm komberse.
Hy het ook kragte gesnoer met Rotariër oud-president Rita Benecke om Rotariër Lidia Corte te ondersteun, wat matrasse aan die Leratong-kinderhuis geskenk het.
Intussen het Rotariër oud-president Petro Bester, bederfsakkies aan die inwoners van die Zilisimenye-tehuis vir bejaardes in Duncanville, Vereeniging, oorhandig.
Hierdie pakkies is met sorg deur die huidige Rotariër president, Jackie van Waveren en haar span, saamgestel.


