Ramaphosa het weer eens ’n beroep op landsburgers gedoen om hulself te laat inent.
“Terwyl ons aan die begin van die vierde golf staan en die land gereed maak vir die Kersseisoen is daar ’n dringende prioriteit om meer mense ingeënt te kry.
“Wetenskaplike bewyse toon dat inenting die mees doeltreffendste manier is om die verspreiding van nuwe infeksies te keer en inentings help ook om ernstige siekte, opnames in die hospitaal en die sterftes te verminder,” skryf Ramaphosa.
Ramaphosa waarsku in sy brief dat groot byeenkomste, veral die soort byeenkomste wat binne gehou word, die grootste risiko vir die verspreiging van Covid-19-inhou.
Ramaphosa het ook ’n beroep op mense gedoen om hul deel te doen deur maskers te dra, afstand te hou en om groot byeenkomste te vermy.
