LifestyleLocal newsNews

Wie onthou nog Vereeniging se eerste ereburgers?

Sedert Vereeniging se dorpstigting in 1892 tot en met 1992 is net vyf ereburgers aangewys

 

Sedert Vereeniging se dorpstigting in 1892 tot en met 1992 is net vyf ereburgers aangewys op grond van hul uitsonderlike diens aan die plaaslike gemeenskap:

* Karel Rood (1961) was veral betrokke by Vereeniging se industriële ontwikkeling, die ontwikkeling van die Vaaldam en die oprigting van die hospitaal. Hy was onder andere ook LP vir Vereeniging, voorsitter van die Unie Staal Korporasie en direkteur van Barlows en Yskor.

* Dick Fourie (1972) was betrokke by die ontstaan van Duncanville, die oprigting van die Vryheidsmonument, en het ‘n groot rol op sportgebied gespeel. Die Dick Fourie-stadion is na hom vernoem.

* Skippie Botha (1981) word onthou vir sy rol in die stigting van Sonlandpark, Leeuhof, Steelpark en Homer. Danksy hom het die Vereeniging Museum tot stand gekom. Hy het ook in die rade van die destydse Vaaldriehoekse Technikon en Vaalpukke gedien.

* FW de Klerk (1990) was ‘n oud-inwoner en prokureur van Vereeniging voordat hy later ‘n Volksraadslid, Minister, en Staatspresident geword het. Die FW de Klerkbrug oor die Vaalrivier by Vereeniging dra sy naam.

* Dr. Mario Milani (1992) het ‘n groot aandeel in die beplanning en bestuur van die Stadskouburg en Markpark gehad, maar sy invloed het ook veel wyer gestrek. Hy was onder andere voorsitter van sowel die Vereenigingse Eeufeeskomitee en die FW de Klerk-museum, erekolonel van die Regiment Overvaal en voorsitter van die Vereenigingse stadskouburgkomitee.

 

Karel (Kallie) Rood.

 

Dick Fourie.

 

Skippie Botha.

 

FW de Klerk.

 

Mario Milani.

 

 

****************************************************

Back to top button