News

‘Kinders’ gebruik mes om te roof

Daar word beweer dat die twee verdagtes ook jonk was en hul slagoffer op dieselfde manier oorval het.

Selfoonrowers, wat beskryf word deur die slagoffers as twee jong kinders, het die afgelope week toegeslaan.

Op 10 Oktober is mnr. Sindade Makhale van sy selfoon beroof deur die twee jongmense wat hom met ’n Okapi-mes gedreig het.

“Ek het die deurloop in Reynorif na Springvalley na werk geloop toe ek agterkom twee jong mans agtervolg my. Ek het gestop en hulle gevra wat hulle soek. Die een het met ’n arrogante houding geantwoord dat hulle my geld en selfoon soek. Ek het vir hulle nee gesê, ” het die bejaarde Makhale gesê.

Volgens Makhale het hy maar die selfoon oorhandig toe hulle hom met die mes begin dreig het.
“Hulle het my besittings gegryp en soos barbare weggehardloop,” het hy gesê.

In ’n ander voorval op 11 Oktober het die slagoffer glo langs die N4-snelweg gewag vir sy saamrygeleentheid na Pretoria, toe hy oorval is deur twee verdagtes.

Daar word beweer dat die twee verdagtes ook jonk was en hul slagoffer op dieselfde manier oorval het as vir Makhale.

Die rowers het ook die slagoffer beroof van al sy persoonlike besittings en op vlug geslaan.

“Waar leer hierdie jong kinders om so boos te wees, is dit dan regtig werkloosheid wat hulle so wreed maak?,” het Makhale gevra.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button