
’n Winkel in die Greenpoint-sentrum is kort na oopmaaktyd beroof en die eienaar met skade van bykans R200 000 gelaat.
Mnr. Arnè Britz het Dinsdag 21 November vertel van die rooftog wat twee drie dae vantevore by die winkel plaasgevind het.
“Ek het die winkel ongeveer 07:45 oopgesluit en oudergewoonte die mop en besem agter gaan haal om te begin skoonmaak. Daar was ’n helper, wat ek sou oplei om in te staan in Desember. Ongeveer 07:50 het ’n man ingestap, reguit yskas toe en ’n energiedrankie gaan uithaal. Hy het dit op die toonbank neergesit en ek het Tyler gevra om dit solank op te lui. Daar het ’n tweede ou ingestap, ek het vir hom gekyk en hy het ’n geweer uitgehaal.”
Britz het gesê dat die man gesê het: ‘Do you see this?’ en het net sy hande in die lug gesit. Arnè het teruggeantwoord: ‘Take what you want, don’t shoot us’.
Die rowers het beide mans na ’n ander vertrek geneem en hulle langs die pooltafels laat lê.
“Die een man is terug na sy rooi Polo en het blou kabelbande gaan haal. Hy het gesê ek moet my horlosie afhaal en vir my en Tyler met die kabel bande vasgemaak. Die verdagte het Tyler se selfoon uit sy sak gehaal en ook my iPhone en my beursie,” het Britz verder gesê.
“Die winkel is in twee gedeel, so hulle is terug na die ander gedeelte en het gevra vir die kasregister se sleutel. Ek het, om aan hul goeie kant te kom, gesê: ‘don’t press the panic button’.”

Die Rampkamp het Saterdag 21 November onder rowers deurgeloop.
Hy het verder gesê dat die verdagtes al die goedere in bokse begin pak het.
Mnr. Junior Buys, die eienaar van die winkel, het daar gestop.
“Ek het net gedink, draai net om en moenie terugkom nie. Nie as jy weet wat hier binne aan die gang is nie”.
Buys het ingestap terwyl beide verdagtes agter die toonbank besig was. Hy het hulle ewe gegroet omdat hy gedink het dat dit iemand was wat besig was om skoon te maak, min wetend wat besig was om te gebeur.
Een van die verdagtes het ’n vuurwapen teen Buys se kop gedruk en gesê hy moet plat lê.
“Een van die mans het aggressief begin raak. Hulle het Junior se karsleutel en beursie gevat en ook sy selfoon. Hy het net gebid dat hulle nie sy kar moet vat nie.”
Britz het gesê dat Buys ook vasgemaak is met die kabelbande terwyl die verdagtes voortgegaan het om hul buit in bokse te pak.
Hy het bygevoeg dat daar skielik ’n geweerskoot afgegaan het en hulle net vir hul lewens gebid het. “Dit het geklink of hulle baklei oor die skoot wat afgegaan het en hulle het hulself skaars gemaak, seker twee minute na dit.
Buys het losgekom en het die ander twee ook losgemaak voordat hy na ’n ander gehardloop het om hulp te gaan soek.
“Ek het die paniekknoppie gedruk. Die sekuriteitsmaatskappye was baie vinnig hier, maar die diens van CSC Tactical was uitstekend. Ongeveer twee tot drie minute later was die polisie ook op die toneel,” het Britz gesê.
Britz het gesê dat hy net heeltyd gedink het wat hy gaan doen as hy oorleef?
“Mens is werklik nêrens veilig nie. Ons moet nou soveel veiliger wees en ook soveel meer opskerp met die sekuriteit na hierdie. Mens moet soos ’n gevangene in jou eie huis leef.”
Britz het bygevoeg dat hy Maandag 20 November op die kamerasisteem gekyk het en ’n silwer Polo voor die winkel sien staan het. Dit het drie keer ’n agt-figuur gery en langs die pad gaan stop. Daarna het die rooi Polo opgedaag.
“Ek vermoed al ’n rukkie dat hulle iets beplan. Die man wat die energiedrankie kom koop het was twee weke gelede in die winkel en het kom navraag doen oor die vapes en ook pryse kom uitvind. Ek het ook al gesien dat mense voor die winkel staan, op ’n selfoon praat en dan weer loop,” het hy ten slotte gesê.
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/80532/besighede-beroof-eienaars-moet-skadegeld-opdok/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/23817/beroof-gekaap-en-gestrand-gelaat/
