CrimeNews

Sewe verkragtings in een week

Verskeie sake van verkragting is verlede week by die polisie aangemeld.

Verskeie sake van verkragting is verlede week by die polisie aangemeld.

In die mees onlangse voorval op Vrydag 17 November het ’n man glo sy meisie in die hande van ‘verkragters’ gelos. Die slagoffer het aan die polisie vertel dat sy en ’n vriend in Hertzogstraat by die lisensiekantore, buite die vriend se voertuig gestaan het toe twee onbekende mans aangestap gekom het. Sy het vertel dat die mans gevra het wat hulle hier maak in die aand en die slagoffer se vriend het glo al die praatwerk gedoen.

Kort voor lank het die man in sy voertuig geklim en sy vriendin net daar saam die twee onbekende mans gelos. Sy het aan die polisie vertel hoe hulle haar in bosse ingevat het en om die beurt verkrag het. Die verdagtes het vir haar gesê het dat hulle eintlik daar was om die voertuig te steel.

In nog ’n voorval op dieselfde dag was die slagoffer oppad na ’n smokkelkroeg in die area toe ’n vreemde man saam haar wou loop. Sy het aan die polisie vertel dat sy nie ’n probleem daarmee gehad het nie. Die man het haar egter met ’n vuurwapen gedreig en haar verkrag.

In ’n derde voorval op daardie dag het ’n ou kennis van die slagoffer haar oorrompel, na haar vriendin weg is by haar huis.

Hy het glo gesê:

“Uiteindelik is sy weg. Ek wag al lank.”

Die verdagte het die slagoffer aan haar keel gegryp en op die bank forseer, waar hy haar begin verkrag het. Sy het daarna glo gevra of sy badkamer toe mag gaan en na haar vriendin se huis gehardloop. Met hul aankoms, terug by die slagoffer se huis het hulle die verdagte in die pad sien afhardloop. Geen arrestasies is nog in hierdie verband gemaak nie.

Op Donderdag 16 November is twee slagoffers om die bos gelei toe ’n man wat hul werk belowe het, hul verkrag het.
Die slagoffer het gesê dat sy en haar vriendin werk belowe is deur die man. Hy het hulle by die taxi staanplek ontmoet waarna die driestuks na sy huis toe is. Hiér is beide vroue deur die man verkrag. Hy het musiek oorverdowend hard gesit om slagoffers se hulpkrete te demp.

Hy het die slagoffer glo een keer verkrag waarna hy ’n wit poeier gesnuif het en haar toe weer verkrag het. Hy het haar tot die volgende oggend in ’n kamer toegesluit waarna sy die spaarsleutel van die vertrek gekry het en saam haar vriendin na die polisiestasie gehardloop het om die saak aan te meld.

In Duvhapark is nog ’n saak van verkragting op dieselfde dag aangemeld. Dit het vroegoggend plaasgevind toe die slagoffer ’n oproep ontvang het van ’n ou skoolvriend. Hy het gevra of hy kan kom kuier en hulle het ooreengekom om in die Sentrale Besigheidsgebied (SBD) te ontmoet. Teen laatmiddag daardie dag was die verdagte steeds by die slagoffer na ’n rustige dag van ontspanning. Die verdagte het die slagoffer glo probeer soen, maar nadat sy nie wou nie het hy homself op haar forseer en haar verkrag.

’n Ander saak van verkragting is op Woensdag 15 November geopen, hierdie keer teen ’n man in Paxton, glo ’n selmaat van die slagoffer. Hy het vertel dat die verdagte hom verkrag het, maar het die voorval eers ’n paar dae daarna gerapporteer aan die owerhede. Hy is na ’n ander sel geskuif.

Geen arrestasies is nog gemaak in enige van hierdie voorvalle nie.

LEES OOK

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button