CrimeNews

Dwelmhandelaars laat spaander

Die afgelope week is drie verneemde dwelmhandelaars van die strate in eMalahleni gejaag.

Die afgelope week is drie verneemde dwelmhandelaars van die strate in eMalahleni gejaag.

Op 15 November het polisiebeamptes die strate gepatrolleer om misdaad te bekamp toe hulle ’n man sien loop het in Taljaardstraat. Die verdagte het die polisievoertuig gewaar en begin vinniger loop, wat hom dadelik verdag gemaak het.

Hulle het die man gestop en deursoek waarop hulle vier plastieksakkies met wit poeier by hom gevind het. Hy het aan die polisie bevestig dat dit dwelms is.

Twee dae na die eerste voorval, op 18 November, is drie verdagtge mans in Sturdeelaan opgemerk. Toe hulle die polisievoertuig opmerk het twee van die drie verdagtes op vlug geslaan en die ander verdagte agter gelos. Die polisie het die man vasgetrek en deursoek waarop hulle dagga in sy besit gevind het.

Die verdagte is in hegtenis geneem vir besit van dagga en om verdere inligting oor die ander twee verdagtes te verkry.

Op dieselfde dag het die polisie in Klipfontein ’n draai gaan ry, waar hulle ’n verdagte wat probeer weghardloop het in sy spore gestuit het. In sy baadjie se sak is daar twee pakkies dagga gevind en ’n plastieksakkie met wit poeier.

Die verdagte is gearresteer.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/102216/die-definisie-van-dwelms-hel/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/95752/polisie-se-oog-op-dwelms/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button