Local newsNews

Fondse gaan ’n gaatjie toestop

Sy het gesê dat hulle die lootjies vir ses weke verkoop het.

Die Hoëveldse Vereniging vir Liggaamlik Gestremdes (HVLG) wil die gemeenskap uit hul harte bedank vir die ekstra paar rand wat hulle nou het om ’n gaatjie toe te stop.

Hulle het ’n fondsinsameling gehou by Pick n Pay in Klipfontein waar die gemeenskap lootjies kon koop by die vriendelike gesig wat hul byna elke dag welkom heet, Danie Marais.

Daar was ’n televisie te wen en Jeanette Knoetze was die gelukkige wenner hiervan.

“Ons wil graag die publiek bedank wat hul harte en beursies oopgemaak het om lootjies by Danie te koop. Hierdie fondse gaan ’n lang pad om ons badkamer by die huis te restoureer, om onder andere nuwe teëls in te sit en dit bietjie op te knap,” het me. Grietjie Naude, bestuurder van HVLG gesê.

Sy het gesê dat hulle die lootjies vir ses weke verkoop het.

“Alle fondse wat by Pick ’n Pay (onder andere) gemaak word, gaan aan die huis en die onderhoud vir gestremde inwoners waarna ons moet kyk. Ons wil ook vir Julie bedank vir die televisie wat deur die sentrum geskenk is om uit te loot.”

Die huis waar die gestremdes tuisgaan is in Jackaroopark op Plot 8, op die hoek van Mercia- en Rosemarystraat.

Grietjie het ten slotte bygevoeg: “Ons het verlede jaar so goed gedoen met die Loslitdag-plakkers en goedere wat ons verkoop het en ons sien uit om ons nuwe goedjies aan die publiek bekend te stel. Ons skop hierdie jaar weer af met allerhande nuwe goedjies en die publiek is welkom om hul bestellings te plaas vir September.”

Hou gerus die WITBANK NUUS dop vir meer inligting en foto’s rakende Loslitdag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button