Maak die inwoners bekend met die buurtwag
Hulle is van mening dat die mees effektiefste manier om misdaad te beveg en bekamp in jou buurt en om jou by te staan in ’n noodgeval, is met hulp vanaf binne die buurt
Die veiligheid van elke buurt word beskou as top prioriteit vir die buurtwag.
In Jackaroopark is dit geensins anders en die buurtwaglede het ’n deur-tot-deur veldtog gehou op Saterdag 25 en Sondag 26 Mei.
Hulle is van mening dat die mees effektiefste manier om misdaad te beveg en bekamp in jou buurt en om jou by te staan in ’n noodgeval, is met hulp vanaf binne die buurt.
Baie dankie en welgedaan aan al die lede wat gehelp het met die veldtog en ook aan dié wat dit moontlik gemaak het.
Die tyd en moeite word waardeer deur almal wat hierdeur bevoordeel is.
Vir enige noodgevalle of navrae in Jackaroopark, kontak gerus vir Quinton Jenkins by 082 856 4197, Eddie Swanepoel by 076 113 3442 of Linda Vorster by 071 264 8223.
Die direkte zello-kanaal kan ook gebruik word: https://zello.com/SACCW
Gaan besoek gerus die webtuiste by https://www.ourneighbourhood.co.za/jackaroopark/.
