Local newsNews

Hengelkompetisie-kampioen haak sy nuwe boot

Die splinternuwe Bandit 490 met ’n Mercury 100HP motor was die prys vir die grootste karp wat by die Loskop Classic op 2 September ingeweeg is.

Die wenner van die onlangse Loskop Classic hengelkompetisie het verlede week sy prys gehaak waarop hy hopelik nog hope vis aan boord gaan bring.

André Bayards van Pretoria het sy nuwe boot Vrydag, 8 September by Sunset Boats & Accessories kom haal.

Die boot is deur Dwayne Viviers, voorsitter van Koning Makriel See Hengel Klub (KMSHK) aan hom oorhandig.

KMSHK was die organiseerders van die kompetisie.

Dwayne Viviers (links), voorsitter van Koning Makriel See Hengel Klub, oorhandig die sleutel van die boot aan die wenner, André Bayards.

Die splinternuwe Bandit 490 met ’n Mercury 100HP motor was die prys vir die grootste karp wat by die Loskop Classic op 2 September ingeweeg is en André se vangs van 4.4kg het die boot vir hom ingekatrol.

André het gesê dat hy baie dankbaar is vir dié “lekker prys” waarmee hy hoop om nog meer avonture te hê en groot visse te vang.

Read more here:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/news-headlines/2022/09/08/hengelaars-van-oraloor-kom-die-naweek-by-maanlig-oord-lyne-natmaak-in-nasionale-kompetisie/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/news-headlines/2023/08/25/come-catch-yourself-a-boat-in-the-loskop-dam-classic-fishing-competition-2/

Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram HET JY GEWEET?Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button